As ek die effek van Reiki moet opsom, is dit dat Reiki altyd positiewe verandering sal teweeg bring. As jy ongelukkig is met iets, of dit nou jou fisiese liggaam, emosies, denke of geestelike groei is, is dit mos ‘n verbetering waarna jy soek. Jy wil hê dinge moet verander. En dit moenie slegter word nie, dit moet beter word. Nou-ja, dis wat Reiki sal doen: dit bring altyd positiewe verandering teweeg.




‘n Reiki behandeling kan help om genesing in die fisiese liggaam te bewerkstellig. Daar is verskeie wetenskaplike studies wat bewys dat Reiki pyn kan verlig en die liggaam kan help ontspan. In Engeland kan kanker pasiente Reiki behandeling kry as deel van die komplimentêre terapieë wat aan pasiënte aangebied word onder die NHS. Hierdie is nie net stories nie: ek het my Reiki Vlak 2 opleiding gedoen saam met die man wie se werk dit is om Reiki terapie sessies te bespreek vir ses hospitale in London. Hy wou self Reiki leer omdat die aanvraag vir Reiki onder kanker pasiente so groot is, dat hy nie altyd genoeg Reiki praktisyns gehad het nie en self wou inspring.
Kyk gerus ook na die werk van die The Centre For Reiki Research en die plasing op Natasja King Reiki gedateer 6 Oktober 2022 om meer te lees oor die Harvard Universiteit studie wat bewys dat Reiki verligting en genesing op die fisiese vlak kan bring.
In my Reiki praktyk kan ek met elke kliënt die emosionele helende effek van Reiki sien afspeel voor my oë. Ek word elke keer stom geslaan daardeur. Mense stap in vir hul eerste sessie en die trane sit maar vlak. Baie keer voel hulle bietjie depressief, sonder lewenslus, doelloos of gefrustreerd omdat die dinge in hul lewe net nie wil “vloei” nie. Dis dan wonderlik om te sien hoe iemand na net een sessie al ‘n merkbare verskil in hulle emosionele welstand kon voel. En na drie sessies het dinge al so verbeter dat nie ek, of my kliënt, stellig kan glo hoeveel beter hulle voel nie. Lewenslus is terug en hulle sien kans vir die lewe. Dis pragtig om te aanskou!
‘n Warrelwind van gedagtes wat net nie wil stil raak nie, onnodige bekommernisse oor die toekoms, terugspeel van gebeurtenisse of gesprekke uit die verlede, gewoontes wat mens net nie kan breek nie, of die onvermoë om gefokus te bly op een taak is ‘n paar van die dinge waarmee Reiki kan help. Baie van my kliënte vind dit moeilik om die harmonie tussen denke en emosies te vind. Dis ‘n algemene probleem vir duisende mense. Luister ek na my hart, of my kop? Die een sê dit, en die ander sê dat. Die merkwaardige uitwerking van Reiki op die emosionele vlak gaan vir my altyd hand aan hand met genesig op die intilektuele vlak. Om helder te kan dink, en uit die veg-of-vlug-reaksie te kan tree, is goud werd.
Die vierdie vlak waarop Reiki werk, is die geestelike vlak. Die grootste effek wat Reiki op die spirituele of geestelike vlak van ‘n persoon het, is dat dit geestelike groei fasiliteer. Dit maak nie saak watter geloof jy is, of watter naam jy gee aan jou Skepper nie, want Reiki is nie ‘n geloofstelsel nie. Dit is ‘n vorm van energiegenesing sonder enige godsdienstige affiliasies. (Ek het byvoorbeeld Christen kliënte wat voor ‘n Reiki-behandeling bid dat God die behandeling en my hande moet seën sodat die wil van God gedoen kan word.)
Reiki werk dus op die liggaam, denke, emosies en gees, en stimuleer die liggaam en siel om sy eie genesing te bewerkstellig. Vir meer informasie, en om ‘n Reiki behandeling te bespreek, kontak my gerus. Ek het my Reiki opleiding ontvang in Londen en is geregistreer as Reiki Master wat kan praktiseer en ander kan oplei in Reiki, by die UK Reiki Federation. Ek het ook ‘n agtergrond in life coaching.