
Ek hoop hierdie lys van algemene vrae oor Reiki sal jou gerus stel en oorreed om Reiki te probeer.
Wat is Reiki?
Reiki is ‘n vorm van energiegenesing. (Akupuktuur en refleksologie is twee ander voorbeelde van ‘n energiegenesing stelsel.) Die woord Reiki word uitgespreek as “Ry-Kie”. Die Engelse vertaling van die Japanese karakters wat die woord opmaak, is Spiritual Energy, Divine Energy, Divinely Guided Energy of Universal Energy. Reiki is dus ‘n tipe energie, en ook die woord wat gebruik word om die energiegenesing stelsel te beskryf. Die Reiki stelsel was in 1922 ontwikkel deur Mikao Usui, ‘n Japannese geleerde.
Tydens ‘n Reiki terapie sessie word universele lewenskrag deur die palms van die Reiki-praktisyn na die kliënt oorgedra. Reiki energie help om die liggaam se natuurlike genesingsvermoë te versterk. Hierdie genesing en herstel is holisties – Reiki bring positiewe verandering vir alle aspekte van menswees: fisies, verstandelik, emosioneel, intellektueel en geestelik en as sulks is dit die ideale komplimentere terapie.
Is Reiki veilig?
Ja, dit is geheel en al veilig. Dit is ‘n nie-indringende komplimentêre terapie met geen gerapporteerde newe-effekte nie. In Engeland se Barts Health NHS Trust word Reiki as ‘n aanvullende terapie vir kankerpasiënte aangebied, asook by baie hospitale in die VSA. Cancer Research UK beveel dit ook aan as ‘n komplimentêre terapie wat kanker pasiente kan help om stres te verlig, te kalmeer en pyn te verminder.
Kan Christene Reiki kry?
Ja, want Reiki is nie ‘n geloofstelsel nie. Dit is ‘n vorm van energiegenesing sonder enige godsdienstige affiliasies. Baie Christene wat Reiki beoefen, sê dit lei vir hulle tot ‘n nouer verbintenis met God. In Johannes 14:12 sê Jesus “Dit verseker Ek julle: Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen; en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader toe gaan.”
Ek het Christen kliënte wat voor ‘n Reiki-behandeling bid dat God die behandeling en my hande moet seën sodat die wil van God gedoen kan word deur Reiki. Vir meer inligting oor Christenskap en Reiki, beveel ek hierdie artikel aan.
Hoe voel dit om Reiki te kry?
Die Reiki-ervaring verskil van persoon tot persoon, maar algemene sensasies waarvan jy dalk bewus mag word sluit in: koue of hitte sensasies; jy mag miskien kleure of visioene sien; pins and needles op jou kopvel, hande of voete; ‘n vae sensasie asof daar ‘n magneet is by jou voete of kop; en party mense voel asof hulle sweef. Die sensasies is altyd sag en aangenaam. Tydens, of kort na ‘n Reiki terapie sessie, ervaar party mense ‘n vrylating van emosies soos byvoorbeeld om te begin huil of te lag.
Lees gerus ‘n paar Reiki stories om ‘n idee te kry van wat my kliente ervaar tydens en na Reiki sessies.
Daar is ook natuurlik die moontlikheid dat jy absoluut niks sal voel nie. Of ‘n mengsel van alles hierbo genoem. Wat jy ookal voel, of nie voel nie, is absoluut perfek vir jou. Reiki werk of jy nou iets “voel” of nie.
Reiki sal jou altyd laat onstpan so selfs al voel dit vir jou asof niks gebeur nie, is die Reiki energie steeds aan die werk: jou energieveld word gebalanseer en die veg-of-vlug-respons stop vir ‘n rukkie sodat jou liggaam en siel kans kry om te herstel.
Waarvoor is Reiki goed? Waarmee kan Reiki help?
Reiki is goed vir die verligting van pyn, om stres te verminder, help met slaaploosheid en dit verbeter algehele gesondheid. Dit kan ook help om nuwe gewoontes te kweek en slegte gewoontes te breek.
Baie mense vind dat hulle na ‘n paar Reiki sessies met nuwe oë na ou probleme kyk of dat hulle skielik reg is om ‘n verandering in hulle lewe te maak. Dit is omdat Reiki ook help met geestelike en emosionele groei.
Lees ook hierdie artikel waarin ek in meer detail die effek van Reiki verduidelik.
Onthou asseblief dat Reiki ‘n aanvullende terapie is. As sulks moet dit nie in stede van mediese advies of medikasie gebruik word nie. Reiki vervang nie mediese hulp nie, dit vul dit aan.
Wat moet ek doen voor my virtuele distance Reiki terapiesessie begin?
Vyf minute voor die sessie begin sal ek vir jou ‘n SMS stuur om jou te herinner dat ons oor vyf minute sal begin. Gebruik die tyd om rustig te raak. Vind ‘n plekkie waar jy nie gepla sal word nie. Jy kan lê of gemaklik sit met jou oë toe. Trek jou skoene uit, maar jy kan jou sokkies aanhou.
Maak seker dat jy nie onderbreek sal word nie, maar indien dit gebeur, is dit ook okay. Reiki sal steeds vloei, en ek sal waarskynlik intuïtief agterkom dat daar ‘n ontwrigting was en dan net my energieke verbinding met jou herstel. Dit is nie nodig om my te laat weet dat daar ‘n onderbreking is nie (behalwe as dit iets is wat meer as 5 minute van jou aandag gaan verg). Wanneer die onderbreking verby is, maak net jou oë weer toe en fokus op die huidige oomblik.
Wat moet ek doen wanneer my virtuele distance Reiki terapiesessie klaar is?
Lê of sit nog so bietjie en geniet net die wonderlike gevoel.
Vyf minute na die sessie sal ek weer vir jou ‘n SMS stuur. Jy kan dan besluit of jy met my wil praat oor jou ervaring of nie. Sommige mense het ‘n paar uur, of ‘n paar dae, nodig om te verwerk wat hulle ervaar het. Ek laat dit oor aan jou om te besluit of jy met my wil gesels of nie.
Na ‘n sessie, drink baie water en vermy kafeïene en alkohol vir ‘n dag of twee. Probeer ook om nie te gou baie aktief te wees na Reiki-terapie nie, want jou liggaam sal tyd nodig hê om by die hergebalanseerde energieë aan te pas.
Kan ek na musiek luister gedurende ‘n virtuele distance Reiki behandeling?
Ja jy kan, vermy net musiek met lirieke. Natuurklanke of meditasie musiek is die beste.
Probeer gerus hierdie uitstekende rustige Reiki musiek album:
JOU REIKI VRAE BEANTWOORD
Kontak my gerus indien daar enige iets anders is wat jy wil weet oor Reiki, of vir virtuele distance Reiki.