pynverligting,eft tapping,stresvermindering vir ouer mense,eft vir angs,eft vir depressie

Ontdek EFT (Tapping) vir pynverligting en emosionele bevryding

EFT (Tapping) – Jou natuurlike weg na pynverligting en emosionele bevryding

EFT, of “tapping”, is ‘n eenvoudige, maar kragtige tegniek wat gebruik word om emosionele spanning, stres, angs en selfs fisiese pyn te verminder. Dit werk deur liggies met jou vingers op spesifieke akkupunktuur punte op jou liggaam te tik (tapping) terwyl jy fokus op ‘n spesifieke probleem of negatiewe emosie. EFT staan vir Emotional Freedom Technique, en dit is presies wat die tegniek jou bied: emosionele bevryding en verligting van die houvas van swaar emosies.

Wat is EFT (Tapping)?

EFT is gebaseer op die idee dat daar in ons liggaam ‘n stelsel van energie kanale (meridiane) is waardeur lewenskrag energie vloei . Wanneer ons ‘n stresvolle of traumatiese ervaring beleef, kan die onaangename emosies wat ons daaran gekoppel het ‘vasgevang’ raak in ons liggaam se energiestelsel, wat blokkasies en ongemak skep. Dit is hoekom sekere herinneringe of emosies fisiese reaksies kan veroorsaak, soos ‘n knop in die maag, algemene pyn, gespanne spiere of vinnige asemhaling. Daar is verskeie mediese navorsing studies wat bewys dat Tapping regtig werk om die emosionele lading van slegte herhinneringe en denkwyses wat ons terughou in die lewe, van ontslae te raak.

Hoe werk EFT (Tapping)?

Wanneer ons tapping doen, kombineer ons die stimulasie van die fisiese liggaam (die tik op meridiaanpunte) met bewuste denke (deur die emosionele probleem te erken en te verwoord). Hierdie kombinasie is kragtig.

Herken en Verander Negatiewe Emosies: Terwyl jy tik, herhaal jy woorde of frases wat die spesifieke emosie of pyn erken, soos: “Ek ervaar chroniese pyn, maar ek is op pad na genesing.” Deur dit te sê terwyl jy tik, erken ons die emosie sonder oordeel, wat help om die brein se fisologiese stresreaksie te kalmeer. Tapping help om ou denkpatrone te verander wat dalk ‘n negatiewe invloed op jou fisiese gesondheid mag hê.

Herprogrammeer Jou Brein se reaksie op stres: EFT help jou brein om nuwe breinbane (neurale verbindings) te vorm deur ou, negatiewe patrone te vervang met beter reaksies. Elke keer as jy ‘n gedagte of emosie verwoord of herdink, versterk die brein ‘n spesifieke roete – soos ‘n padjie wat deur herhaalde gebruik ‘n snelweg word. Die tik-aksie op spesifieke meridiaanpunte stuur ‘n sein na die limbiese stelsel (die deel van die brein wat emosies en vrees reguleer), wat die liggaam se stresreaksie kalmeer terwyl jy die ongewenste emosie verwoord. Dus, na ‘n paar rondes van tapping begin die brein en liggaam die negatiewe emosionele lading loslaat, en die oorspronklike probleem (byvoorbeeld angs of pyn) voel minder intens of verdwyn selfs heeltemal. Die nuwe boodskap wat die brein ontvang, is: “Hierdie pyn of situasie is nie meer ‘n bedreiging nie. Ek is veilig.”

Hoe kan Tapping jou help?

EFT kan in die volgende areas ‘n groot verskil maak:

Chroniese Pyn en Gesondheidsprobleme

Baie afgetredees ervaar algemene pyn, soos artritis of rugpyn. EFT help deur die liggaam se energiestelsel te balanseer, wat soms lei tot ‘n vermindering in fisiese ongemak en ‘n beter liggaamlike welstand.

‘n Afgetrede dame wat onlangs van haar man geskei is, het my kom sien sodat sy emosioneel kon aanbeweeg van haar gebroke huwelik. Sy het steeds ’n wrok gekoester teen haar man – veral omdat hy reeds in ’n nuwe, skynbaar gelukkige verhouding was. Sy wou haar bevry van daardie emosionele houvas wat hy steeds oor haar gehad het, maar dit was baie moeilik. Ons het tapping gebruik op die emosie “veronreg” en nou kan sy met haar prokureur oor hom praat, aan hom dink, en selfs stories hoor oor wat in sy lewe aangaan, sonder dat dit haar hartkloppings of kopseer gee.

Stres, Angs en Depressie

Stres en angs, wat eintlik vorms van vrees is, kan oorweldigend wees. EFT is effektief in stresvermindering en bied ‘n kalmerende invloed wat angstigheid en depressie help verminder.

‘n Ander klient was na twee MRI skanderings, angstig bloot by die gedagte aan ‘n MRI. Ongelukkig moes sy ‘n derde keer vir een gaan. Sy het my kom sien vir Reiki en in daardie sessie het ons ook Tapping gedoen om die angs en vrees vir die komende MRI (wat oor twee dae sou wees) te verminder. Sy het my gebel die dag na die derde skandering en vertel hoe sy in die ontvangs area gesit en wag het, en heel rustig was! Kort voor dit haar beurt was het sy af gebuk om kalmeerpille uit haar handsak te haal (net ingeval die angs terug kom terwyl sy in die masjien is, het sy gedink), maar instede het sy ‘n paar keer tapping gedoen terwyl sy net daar in die ontvangsarea gesit het. Die angstigheid het weg gebly en selfs terwyl sy in die masjien was, was sy geheel en al rustig en kalm. Haar woorde aan my was “Ek moes jou vroeër kom sien het! Tapping werk regtig vir angs!”

Komplimenteer Ander Terapie en Mediese Behandelings

EFT is geheel en al veilig om saam met ander mediese behandelings, medikasie, en terapieë gebruik word. Of jy nou besig is met rehabilitasie, ‘n spesifieke mediese behandeling ontvang (soos die dame wat MRI toetse ondergaan het), of bloot jou algemene welstand wil verbeter, tapping kan jou liggaam en gees ondersteun in die genesingsproses.

Voordele van EFT vir jou

EFT is nie net ‘n vinnige en effektiewe terapie nie, maar ook ‘n natuurlike benadering sonder medikasie. Dit vereis geen ingewikkelde toerusting nie en kan gereeld gebruik word as ‘n selfhelp-instrument of in samewerking met ‘n terapeut. Die kalmerende effek van tapping help jou om ‘n beter balans tussen liggaam en gees te bewerkstellig – ‘n belangrike aspek van gesondheid.

Maak Jou Afspraak

Of jy nou chroniese pyn, stres of depressie ervaar, EFT bied ‘n holistiese benadering wat jou kan help om emosionele en fisiese verligting te vind. Natasja bied professionele EFT-behandelings in Groot-Brak en George. Behandelings kan ook virtueel gedoen word.

Bel: 063 157 9156 of e-pos: hello@natasjaking.com vir ‘n (EFT) Tapping behandeling.

error: Content is protected !!