Wie ek is, wat ek doen, en hoe ek jou kan help

Hier is ‘n kort, Afrikaanse, opsomming van wie ek is. Daar is baie meer inligting op die Engelse blaaie, maar ek het gevoel ek wil darem ‘n ietsie van myself en my lewenspaadjie ook met Afrikaanse lesers deel.

Meer oor my

Ek het groot geword in die Noordelike voorstede van Kaapstad. In 2001 is ek getroud aan ‘n mede Suid-Afrikaner en in 2004 het ons na Engeland getrek. Dit is in Engeland waar ek die meeste van my werks ondervinding as Regs-sekretaresse opgedoen het (sien LinkedIn). Dit is ook in Londen waar ek, met ‘n lang ompad van twee voet operasies, moeilike base, ‘n noue ontkoming met “burnout”, ‘n senutergende kollega en die 2020 COVID lockdown, besef het dit is tyd vir ‘n verandering. In 2020 het ek gekwalifiseer as ‘n Lewensafrigter met ‘n fokus op Resilience en Wellness. ‘n Jaar later het Reiki my gevind en aan die einde van 2021 het ek gekwalifiseer as Reiki Meester*.


Rondom dieselfde tyd het ek en my man ‘n lyntjie getrek onder ons 17 Britse jare. Ons bevind onsself nou in Mosselbaai en ek werk nou ook voltyds as a trauma terapeut.


My lewenspaadjie het al baie verander, met groot vurke in die pad wat ek glad nie verwag het nie; die lewe is ‘n avontuur! Waarvan ek wel seker is, is dat Reiki en trauma terapie, ‘n baie, baie groot deel is van my lewe. Ek is vreeslik opgewonde om te sien wat vir ons voorlê hier in die Tuinroete van die mooie Wes-Kaap!


*’n Reiki Meester is opgelei tot Reiki vlak 3. ‘n Meester gee Reiki terapie aan kliente (net soos ‘n Reiki Praktiseer wat opgelei is tot Reiki vlak 2), maar die verskil is dat ‘n Reiki Meester ook Reiki klasse kan aanbied en ander kan oplei in Reiki. Die belangrikste aspek van ‘n Reiki Meester, is dat Reiki nie net iets is wat hulle doen vir ‘n lewe nie, Reiki is hul lewe.

Wat ek doen

Reiki is ‘n energiegenesing stelsel en komplimentêre terapie. Die Reiki praktisyn gebruik hul handpalms om lewenskrag energie na die klient te laat vloei. (Reiki word nie regtig “gestuur” nie, dit is eerder die energieveld van die klient wat Reiki absorbeer.) ‘n Praktisyn plaas hul hande direk op die liggaam of hou dit ‘n paar sentimeter bo die liggaam. Tydens ‘n Reiki terapie sessie bly die klient ten volle geklee. Ons kan ook genesende energie oor ‘n afstand, virtueel stuur. Ek verduidelik meer oor Reiki hier en in hierdie artikel brei ek bietjie uit oor Godsdiens en Reiki.

 

Ek het al my Reiki opleiding by The Reiki Academy London, onder Reiki Meester (en HayHouse skrywer vir die Reiki onderwerp) Torsten A. Lange ontvang.

Ek fokus op twee tegnieke in lewensafrigting: 1) “Create A Balanced Life” waar ons ‘n oorsig kry van jou lewe en sien watter areas aandag nodig het sodat al agt aspekte van jou lewe mooi inmekaar pas en mekaar aanvul en 2) “Unblocking” wat gebruik word op helderheid te gee aan probleme of situasies waarmee jy worstel. Die probleme kan onder andere insluit verhoudings, lewensbesluite (soos om van werk te verander, of te verhuis), of lae selfbeeld. As jy nie tot ‘n besluit kan kom oor iets, nie verstaan hoekom jy aanhou sekere dinge doen ten spyte daarvan dat jy wil ophou om dit te doen, of die heel tyd wik en weeg oor ‘n besluit, is “Unblocking” vir jou. Vind meer uit op die Counselling blad.

Traumatiese voorvalle, hetsy self ervaar of gesien gebeur, is nie net geweldadige gebeure nie. ‘n Egskeiding, afsterwe van ‘n geliefde of ‘n troeteldier, om jou werk te verloor, of ‘n operasie kan ook traumaties wees.

Dan is gewapende roof, motorkapings en verkragting natuurlik ook traumaties. Enige situasie wat jou oorweldig en geisoleerd laat voel, kan lei tot trauma. Selfs as jy nie een spesifieke insident kan identifiseer nie, kan trauma terapie jou help.

 

Ongelukkig is dit so dat as mens nie praat oor die trauma nie en dit eerder probeer onderdruk, dit kan lei na onder andere: depressie, angstigheid, slaaploosheid en nagmerries, aggressiewe optrede, buierigheid en skuldgevoelens.

 

Met trauma terapie kan jy herstel van die trauma, jou lewe herbou as gelukkig en betekenisvol, die pynvolle voorval sien in ‘n positiewe lig en weer hoopvol wees oor die toekoms. Vind meer uit op die Counselling blad.

Reiki courses Mossel Bay Pretoria
error: Content is protected !!
Scroll to Top